Tuamotu-argipel

Tuamotu-argipel
Vlag van die Tuamotu-argipel.
Vlag van die Tuamotu-argipel.
Geografie

Ligging Stille Oseaan

Argipel Polinesië
Totale eilande 78
Hoofeilande Anaa, Fakarava, Hao, Makemo

Administrasie
Sien teks.
Franse oorsese gebied Frans-Polinesië, Frankryk

Demografie
Bevolking 15 862

Ligging van Tuamotu-argipel op 'n kaart (Stille Oseaan)
Tuamotu-argipel
Tuamotu-argipel
Die ligging van die Tuamotu-argipel in die Stille Oseaan.

Die Tuamotu-argipel (Frans: Îles Tuamotu) is ’n Frans-Polinesiese groep van amper 80 eilande en atolle wat van die noordweste tot die suidooste oor ’n gebied van die Suidsee strek wat min of meer so groot soos Wes-Europa is, met ’n landoppervlakte van 850 km2 en 16 000 inwoners. Dit vorm die grootste atolgroep in die wêreld.

Die belangrikste eilande is Anaa, Fakarava, Hao en Makemo.

Die eerste bewoners van die Tuamotu-eilande was Polinesiërs en die Tuamotuane deel dus die Polinesiese taal en kultuur.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search